ONS STAAN OP, SAAM.

WIE ONS IS

Staan Op bestaan om die Waarheid van Abba Vader se Woord onverskrokke te verkondig.

Ons help mense om uit vrees, twyfel en passiwiteit op te staan, en leer hulle om prakties te wandel in geloof en gehoorsaamheid aan Jesus (Yeshua).

Ons deel gereeld vars, Bybelgebaseerde inhoud op al ons platforms - sodat die lig van die Woord elke hart kan bereik.

Ontmoet ons span: (kliek om meer te sien)

Roelf

Van die dag af wat Jesus ’n afspraak met my gehad het en daar ’n ontmoeting plaasgevind het, was daar geen ander moontlikheid as om Hom te volg nie. Daardie ontmoeting het my nie net rigting gegee nie, maar ’n lewe van dissipelskap is gebore. Sedertdien klop my hart vir Hom ‒ vir die waarheid, gehoorsaamheid en ’n lewende verhouding met Jesus, wat in intimiteit groei. Ek kan nie anders as om van Hom te getuig en vir Hom te leef nie. “Staan op” is ’n ruimte waar daardie roeping gestalte kry: om op te staan vir die Waarheid.

Lizel

’n Dogter van Abba Vader wat uit wêreldse gevangenskap en absolute sonde verlos is en volkome nuut gemaak is deur die bloed van die Lam. Haar lewe getuig van foute wat deur genade vergewe en herstel is, en vandag leef sy in eenvoudige, onbaatsugtige toewyding en liefde vir haar Koning, Jesus Christus (Yeshua HaMashiach).

Dylan

’n Toegewyde seun van Abba Vader wie se eerste liefde Jesus Christus (Yeshua HaMashiach) is. Sy lewe getuig van ’n pad waar genade en gehoorsaamheid sy roeping vorm. Met ’n diep liefde vir die Woord en ’n passie vir waarheid en Hebreeuse insigte, dien hy ander deur lering, skryfwerk en eerlike gesprekke. Dylan het ’n hart om mense te help om Abba Vader se stem te onderskei, vrees te oorwin en standvastig in geloof te leef

Mitchell

Mitchell Plaatjies is ’n seun van Abba Vader wat uit ’n lewe van duisternis, dwelms en bendegevangenskap uitgeroep is deur die genade van Vader en die verlossende werk van Jesus Christus (Yeshua). Wat eens gebind was, is deur Abba Vader omskep in ’n duidelike roeping, en vandag dien hy as Evangelis in die huis van Abba. Mitchell is ’n lewende getuienis van vryheid, herstel en ware lewe in Jesus Christus.

“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” -- Johannes 8:32